Vought F4U Corsair

Vought F4U Corsair
'n Gerestoureerde Corsair uit die Korea-era
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Chance Vought
Ontwerp deur Igor Sikorsky & Rex Beisel
Nooiensvlug 29 Mei 1940
Bekendstelling 28 Desember 1942
Onttrek 1979 (Honduras)
Hoofgebruikers Amerikaanse Lugmag
Britse Lugmag
Aantal gebou 12 571

Die Vought F4U Corsair was 'n Amerikaanse enkelsitplek, eenmotorige vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog en Korea-oorlog gebruik is. Hierdie vegvliegtuig was ook van die beste vliegtuie van die oorlog, dit het onder andere die grootste skroef en kragtigste enjin gehad: Pratt & Whitney R-2800 Double Wasp. Niemand was verbaas toe die prototipe reeds vinniger as 640 km/h (400 mpu) gevlieg het nie, die eerste prototipe wat dit kon regkry. Die vliegtuig was ontwerp om twee masjiengewere in die vlerke en twee in die romp te dra maar later het ses 12,7 mm masjiengewere die standaard geword. Die masjiengewere was in die buitenste gedeelte van die opvoubare vlerke geïnstalleer. Kanonne en vuurpyle is later bygevoeg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search